Monday, 11 July 2011

DUIFKYK

Mariana  Pienk skoene,  olie op doek,  2010

Duifkyk
Ma, Lindi  gee my duifkyke,”   sê my jongste kind ontsteld .    “Wat bedoel  jy sy gee jou duifkyke?”  vra ek terwyl ek die duif in my geestesoog sien wat soggens op my vensterbank kom sit.  Sag en vreedsaam.  “Sy hou haar ‘groot’,   sy pik die heeltyd op my,”  snik sy nou kliphard.
Dalk het sy êrens  hondmak of leeuloop gehoor, of dalk verwar sy  maar net diere en terme met mekaar , dink ek terwyl ek haar op my skoot tel.
Toe ek jare later die duiwe op Trafalgar voer, sien ek dit!  Daardie oomblik in duifwees wanneer koppie skuinsdraai om die pit effens uit die hoogte met ‘n blinkogie te bespied.  En dan te pik.  Pik-pik-pik.
En toe verstaan ek duifkyk presies.

No comments:

Post a Comment