Wednesday, 29 June 2011

KKNK


Mariana  Look the other way (met apologie aan H de C),  olie op doek, 2008   
                                                             
Oppad vra Elsa my om asb gou by die apteek te stop.  Vir ingeval...sê sy.  Seker ingeval haar kop seer raak van die hitte of die wyn of die kos, dink ek.  Nee, vir ingeval sy lucky raak, sê sy voor sy tussen die rakke verdwyn..
Ek koop tissues vir ingeval, en ‘n tydskrif vir as ek dalk vroeg in die bed wil klim.
Toe ons Oudtshoorn binnery, voel ek vir ‘n oomblik misplaas, en ek verlang vlugtig na die veiligheid van my huis.  Ek is ‘n serious feesganger, ek beweeg, maar vanjaar voel dit nie reg nie.. ek voel onseker en lusteloos, als my pasverworwe enkelstatus se skuld.  Ek haal my trouring uit my sak en sit dit aan my linkervinger, bang dat ek dalk available sal lyk.  Ek eet die hele fees met my linkerhand.  Om die waarheid te se, ek word heeltemal linkshandig in ‘n kwessie van ‘n dag.   Gelukkig is Elsa by my, en rooi lipstiffie help ook baie.  Ek kry dit reg om vir ‘n hele 2 minute tydens vertonings te konsentreer.
Ons luister vir Bobby by Huisgenoot se tent, toe die man regs van my vra of ek tevrede is met my Black Berry.  Ek is tevrede met Bobby en my Black Berry, maar hy ontsenu my so, dat ek my vinnig verskoon.
Toe ek in my bed klim die aand, los ek vir Elsa ‘n boodskap: Laat my weet waar en wanneer ek jou moet kom haal?  Sy laat weet vinnig terug.  Ek’s lucky! Mr Black Berry sal my kom aflaai.  En hy het die beste foon op die mark, voeg sy skalks by.

No comments:

Post a Comment