Friday, 15 July 2011

DIE BOEK

Die Boek
Mariana   Muse ,  Mixed Media,   2010

Ek wou nog altyd ‘n boek skryf – een met ‘n mooi rooi voorblad  en my naam wat in dik vet letters daaronder verskyn. Oor die inhoud was ek nooit seker nie...ek bedoel, hoeveel selfhelp,   dagboekvir’nvrou, of kinderhandleidingboeke kan daar  nog verskyn?  En ‘Back at the Karoo Farm’ het my susters in China presies geweet hoe dit voel om kinders te kraam,  tienertwak te hanteer en man gelukkig te hou. Kos te maak, huis te hou, loopbaan te volg en gemeenskap te dien. Daar was nie veel wat ek nog  vir my 4 biljoen suburban susters oor die lewe kon vertel nie.  Want, ons almal EET en word vet, BID en doen weer  sonde , en het een of ander tyd te veel of te min LIEF.


Mariana   Muse ,   Mixed Media,   2010
Nou is dit nie meer nodig om ‘n rede te hê nie.  ‘n Halwe lewe lê agter . . . ’n Halwe lewe lê voor .  En twee halwes maak altyd ‘n hele.
 HALF.    HELER.    HEEL.  
Met alles tussen-in.

No comments:

Post a Comment