Sunday, 17 July 2011

TUIS

TUIS
My ma wou haar hele lewe lank oorsee gaan, en as diep gelowige mens was die keuse eenvoudig.  Sy was 40 jaar ouer as ek, en ek het  besef die tyd loop uit..

Mariana  Truida,  Olie op bord,  2010 
 
Met  Jerusalem  op ‘n afstand voor ons,  blink haar oë soos die sandsteen  waarmee die stad gebou is.  Sy  stap die Via Dolorosa in stilte, haar lyftaal gewyd.  Toe sy opkyk vanaf Getsemane,  lees ek op haar gesig hoe sy met absolute oortuiging, haarself deur Die Poort sien  stap.
Later, toe ek haar kamer gaan opruim, kry ek 'n brosjure van die hotel   in Jerusalem in haar onderste laai . Met die woorde:  “Welcome in Heaven.”   Sy was tuis.

No comments:

Post a Comment