diE EiE R
“Dit gaan ‘n pragtige hen wees,” sê hy terwyl hy die eier versigtig met sy groot hande op die boonste rakkie plaas. Ek merk op dat die eier effens ronder as die een langsaan is. En groter miskien. “Vir 3 dae word die eiers nie omgedraai nie. Nes die eiers in die nes,” gaan hy voort.
Daarna word die rakkies getrou 2 x per dag vorentoe en agtertoe geskuif, en op die 20 ste dag word die mooi ronde eier uitgehaal, en in ‘n glasie met water gesit. “Kyk, die kuiken lewe,” sê hy bly toe die eier in die water begin roer.
Toe die eerste eier die volgende dag kraak, wonder ek of ek, maar net, ‘n broeimasjien, was?
Op 38.5 grade.
No comments:
Post a Comment