Sunday, 24 July 2011

Hoe Skiet 'n Mens 'n Hond?

Mariana  Olie op glas  2008

Die fokkin Rus het vir Lara raakgery.   Ek moes vir Hendrik vra om sy geweer te bring, gaan hy ontsteld voort.  Ek moes vir Lara skiet.
In my geestesoog sien en haar op die bank voor die kaggel lê, uitgestrek.  In my geestesoog sien ek haar heuphoog saam met hom deur die veld stap.  In  my geestesoog  kan ek NIE sien hoe hy die sneller trek NIE.
‘n Ruk daarna filosofeer ons oor die lewe. En toe die dag al amper breek, kom ons tot die eenvoudige slotsom dat die lewe  nie regverdig is nie. Toe hy sê dis hoekom hy...die sneller...kon trek.

No comments:

Post a Comment