DIE HANDSAK
Dis nie eintlik die regpak nie. Dis die weggooi wat mens bevry, besef ek toe ek die handsakke uithaal. Soos in ‘wat’s REG, en wat’s WEG?
Soos my ou tiervel handsak met die sagte satyn lining sonder die strap... diè het ek afgehaal vir my kind se skoolprojek 18 jaar gelede. Dis net REG, en oorleef elke regpaksessie. Jaar na jaar. Omdat dit voel soos my beste vriendin. Dis duursaam en verdraagsaam en dis kosbaar… en dis nie fake nie.. Dis my Amelia-Marita- Anette-Helmien--Dalene-*Dina–Betsie-Elza-Lollie-Irma-Yana-Elbie-Marie-handsak. Die strap is oorbodig, want hulle hou vir my vas. (En omdat die peppermentjie wat ek in die hoekie ontdek, na al die jare nog steeds sy geur behou het)
Party vriendinne, besef ek toe, is soos nuwe hansakke wat mens op uitverkopings koop. Dit pas by niks, net die prys was reg. Dit blink of dis plastic, en die strap is net daar vir die vertoon.
Dis altyd WEG met die eerste regpak na aankoop. Dit staan tog net jou kas vol.
No comments:
Post a Comment