WAAR IS AL DIE MENSE DAN?
(Gone to Istiklal street every one)
(Gone to Istiklal street every one)
Ons toer vir dae deur die landskap. Sonder om ‘n mens te sien.
Nie kinders in die strate nie. Nie trekkers op die lande nie. Nie wasgoed op die draad nie. Verlate.
Dis die vreemdse gesig, amper surrealisties, en ons toergids antwoord net op ons vraag: “You will see...”
Van ons hotel in Instanbul, is dit op met die straat, 3de straat links, loop tot by die sirkel op die Galatasaray plein, en draai dan regs in Istiklalstraat. En toe ek om die draai kom, sien ek dit. Mense. Duisende mense. Jonk, oud, gestremd, kosmopolities, eenvoudig, arm, ryk. Wat in rye stap. Af, en dan weer op. En dan weer af. Soos in ‘n movie. In Istiklalstraat.
Ek het by ‘n tafeltjie gaan sit en die vreemde verskynsel bekyk. Later het ek dieselfde mense. Weer. En weer. Sien verbykom.
Nog steeds oppad. Na nêrens. Maar saam.
Ek het my tafel verlaat. En saam begin stap. Want dis wat jy doen. In Turkye.
No comments:
Post a Comment