Mariana Foto: Shades of Blue's' 2011
Pause
Amper sien ek nie die mooi man raak nie. Ek sien eintlik vir hele ruk al niks raak nie, want ek gebruik my oë net om te huil.
By die betaalpunt vat ek die Sarie vir Inspirasie en draai skuins vir hom om verby te kom. “Ekskuus,” sê hy… en ek kyk op omdat ek nie kan glo wat ek hoor nie. Omdat ek hoor wat ek nie sien nie.
Hy skakel die volgende dag en elke dag daarna, en as my stem ‘n effense oktaaf sak, klim hy in sy kar en kom hou my hand vas. En hy gee perspektief.
Net soos hy 34 jaar gelede agter in die Wiskunde klas gedoen het. Toe ek ook nie die som verstaan het nie.
No comments:
Post a Comment