Mariana Slaap Olie op doek 2011
WAKE-UP CALL
Rensia sê sy moet any case wakker word, toe ek vra of ek liewer later moet terugskakel. "Hoe lank vat dit jou om wakker te word?" probeer ek ‘n geselsie aanknoop. Nege-en-twintig freaking jaar, sê sy afgemete. Dit het my nege-en-twintig f-r-e-a-k-i-n-g jaar geneem, herhaal sy dit stadig.
“Om wakker te word?” vra ek.
Nee, om te besef dat depressie soms nie ‘n siekte is nie, maar ‘n gerieflike gewoonte. Dat ‘n man se vrou nie sy ma kan wees nie. Dat blomme en skoene en bangles nie kommunikasie kan vervang nie. Dat attachment nie liefde is nie, praat sy afgemete voort.
Nie geslaap nie, maar gerem, korrigeer sy haarself voor sy opstaan om die lig aan te skakel.
No comments:
Post a Comment