Mariana 'Untitled' Olie op bord 2009
Spasie vir Dans
“...and if you take my heart, my achy breaky heart… “ Ek gryp die besem en dans! Ek dans daai achy breaky heart saam met die stof by die agterdeur uit. Want dans is n healer. Soos 20 jaar gelede.
Toe ek en Dina vir ons jaareindfunksie moes regmaak en 10 minute voor die mense arriveer besef die lapa se dak lek, toe die reën in emmers begin uitsak.
Ons pluk die stoele om die swembad paniekbevange in kleiner beknopte groeperings, rondom die stroom water uit die dak. Paniekbevange, want die groep mense waarvan ons deel is, hou van hul eie spasie.
(Mens noem dit cliques)
Daar’s nie tyd om die naambordjies te hergropeer nie, en ons verwelkom almal met ‘n sit-net-waar-jy-wil! En soos dit moet wees, sit Piet toe by Jan, Bets by Elma en Rita ontdek dat Lisa al vir 3 jaar saam met haar op dieselfde personeel dien...omdat sy amper op haar skoot sit.
Toe die musiek begin speel, word die piepklein dansvloer almal se gemene deler. Die stroom water uit die dak word die rivier van Babilon. Tot laat-laat nag. Het ons uitbundig opmekaar gedans. Nie omdat ons moes nie, maar omdat ons wou.
(Ek dink mens noem dit click)
No comments:
Post a Comment