Mariana Mixed Media 2010
‘n Kas is nie vir teestelle nie.
Jare se stof lê dik op die solder, en ons moet mooi trapplek kry tussen die rondlêgoeters. Dis elke keer ‘n verrassing om nog ‘n houer oop te maak, en vergete goed na vore te bring. Ou portrette, houertjies vol knopies met dekseltjies wat sukkel om oop te maak, borde, glase …. Tot ek die mooiste klein teestelletjie wat ‘n kind van kan droom, in die kas tussen die ou vergeelde rokspatrone vind....
Ek haal dit versigtig uit die kas, en pak dit een vir een op die ou tas se stowwerige deksel uit. Keteltjie, melkbekertjie, suikertpotjie en ses klein koppietjies wat perfek in ewe klein pierinkies pas.
Dit word nie weggegooi nie, sê hy sonder omhaal.
Ek kry sy toestemming om die stelletjie as ‘n ‘found object’ in ‘n kunswerk vir sy kombuis te gebruik, en toe ons dit 2 weke later bo sy wasbak hang, staan hy terug. En sê…
Ek is bly jy het die stelletjie uit die kas uit gehaal. Ek is bly almal kan dit nou sien.
En ek. Het skielik. Verstaan.
No comments:
Post a Comment