Mariana Pas my soos 'n Handsak Olie op bord 2010
DIE HANDSAK
Ek voel bevry. Kaste-regpak-uitpak-weggooi bevry. Want om reg te pak is een ding, maar weggooi – dis ‘n heeltemal ander storie. Mens het skoon skeidingstrauma na so ‘n episode.
Soms nie.
Soos my ou tiervel handsak met die sagte satyn lining sonder die strap... diè het ek afgehaal vir my kind se skoolprojek 18 jaar terug. Maar dit bly in my kas omdat dit voel soos my beste vriendin. Dis duursaam en dis kosbaar, . Dis my Amelia-Marita- Anette-Helmien-Daleen-Dalene-*Dina–Betsie-Elza-Lollie-Irma-Elbie-Marie-handsak. (Nie omdat hulle so oud soos die handsak is nie, maar uit verdienste en omdat die peppermentjie wat ek in die hoekie ontdek, steeds nog lekker smaak)
Party vriendinne, besef mens so langs die pad, is soos nuwe hansakke wat mens op uitverkopings koop. Dit pas by niks, net die prys was reg. Dit blink of dis plastic, en die strap is net daar vir die vertoon, mens kan nie daaraan vashou nie. Dit raak mens ontslae van met die eerste regpak na aankoop.
En ek besluit daar en dan om NOOIT OOIT weer ‘n handsak op ‘n uitverkoping te koop nie. Want dit staan net my kas vol.
No comments:
Post a Comment