YA YA SISTERHOOD
”Mariana, jy MAG NIE vir ma vertel nie, maar ek het ‘n fortuinverteller gaan sien,” laat my jongste suster die aap uit die mou. Ek maak groot oë en wys my afkeur, maar sit tog nader om die storie te hoor terwyl ek beelde van ‘n vrou met lappe en oorbelle, en ‘n kristalbal wat blink in die kerslig, sien.
Mariana Vortuinvertelster Mixed media 2011
“Nee,” sê sy en leun vorentoe. “Sy het my palm gelees ,“…en ek sien vir ‘n oomblik die verbode kennis in haar oë blink. “Sy sê JY gaan ‘n man aan my voorstel wat my voete onder my gaan uitslaan.. “ Ek deins terug, die verwagting wat sy op my plaas, heeltemal te groot.
‘n Paar maande later skakel ‘n vriendin, en vra of sy iemand aan my kan voorstel? Sy is nou net nie seker of dit my sal geval nie? “Natuuuurlik! Dis perfek ! (soos in meant –to- be- perfek!)” sê ek dadelik. ‘Let the Ya-Ya Sisterhood begin!’
Ek skakel my suster en ek bespreek my plan met haar. Sy sal toevallig by my kuier. Dis tyd vir aksie! Sy laat haar hare doen, en koop ‘n Woollies broek. Dis naels en voete en juwele. Dis opstaan en gaan sit. Ons bespreek elke moontlike invalshoek, van die aankoms tot die vertrek.
Die dag breek uiteindelik aan, en sy is so te sê oppad toe sy onverwags skakel . “ Ek het geval! My oog is pot-pot blou,” sê sy deur die lag, “…en toegeswel …”
“Waarde vir geld,” sê ek. “Jou voete is onder jou uitgeslaan. Net die timing was verkeerd!”
No comments:
Post a Comment