Wednesday, 12 October 2011

Hoe skiet 'n mens 'n hond?


HOE SKIET ‘n MENS ‘n HOND?
Die fokkin Rus het vir Lara raakgery, skree Raymond ontsteld toe hy die geweer  onder die bed uitpluk.  Ek sal vir Lara moet skiet.
Vir Lara moet skiet?
In my geestesoog lê sy uitgestrek op die bank voor die vuur.  In my geestesoog stap sy  heuphoog saam met hom deur die veld. In my geestesoog lek sy, sy hand met haar skurwe tong.
  In  my geestesoog  kan ek NIE sien hoe hy die sneller  gaan trek NIE.
‘n Ruk daarna filosofeer ons oor die lewe. En toe die dag al amper breek, kom ons tot die eenvoudige slotsom dat die lewe  nie regverdig is nie.  
In my geestesoog sien ek  hoe hy die sneller trek.
Omdat die lewe nie regverdig is nie.

No comments:

Post a Comment