Mariana Enclosed Olie op Doek 2011
‘REFUND’
Daar hang ‘n gewyde stilte in die kerk, die orrelis se vingers sag op die note, terwyl die getuies een vir een hulle plekke inneem. Die swaar gedrapeerde kis staan reeds op sy silwerraam voor in die kerk.
Hier en daar ‘n kug. Hier en daar ‘n snik.
Dan begin die orrel harder speel as die familie een vir een die kerk binnekom. Hul plekke inneem in die voorste ry. Tot ruste kom voor die predikant sy Groot Boek oopslaan.
Hy lees: Aangesien die familie reeds lank gelede, met die seën van die vader die oorledene begrawe het, het die oorledene gevra, dat die kis as bewys in die kerk oopgemaak moet word.
‘n Geskokte stilte.
Met ‘n handgebaar wink die predikant ‘n man met ‘n swart mantel nader. Hy lig die deksel versigtig op en roteer die kis vir almal om te sien. Soos ‘n towenaar by ‘n goedkoop vertoning wys hy die leë kis.
Die getuies knik bevestigend, waarna almal weer die kerk een vir een verlaat.
Die tee na die diens word vinnig afgehandel. die familie is haastig om die refund vir die kis,
voor toemaaktyd, te gaan haal.
No comments:
Post a Comment