Mariana May Flower Olie op doek 2010
May Flower
Dit is die 1ste November 2011, en Danica May Camacho lê rustig en slaap in haar ma se arms, onbewus van die kamera's wat om haar flits. Net ‘n paar uur vantevore was sy nog in haar ma se geboortekanaal, besig om in ‘n hospitaal in die Filippyne te stu vir haar eerste asemteug. Die 7 miljardste eerste asemteug, om presies te wees.
‘n Paar kilometers daarvandaan sit Die Medisynevrou tandloos op haar mat, onbewus van die geskiedkundige gebeurtenis wat in haar omgewing afspeel. Sy neem nog ‘n sluk van die mengsel uit haar pot, en deur ‘n waas sien sy dit nou duidelik.
‘n Jong vrou lê op haar sy op die rand van 'n krater. Rook sypel deur die skeure in die grys verskroeide aarde om haar, haar neus gevul met die reuk van uraan gesplits tot atoom. Die wêreld soos sy dit geken het, geredigeer tot niks.
In die rookwalms lees Die Medisynevrou: 1 November 2023 en sien sy 'n enkele May Flower wat haar kop in die verwoesde Tuin van Eden, op die rand van die krater oplig . . . die enigste vorm van lewe wat oorgebly het.
Sy noem haar Danica May Camacho.
No comments:
Post a Comment