Mariana Olie op glas 2009
ABRIE
Dit is in die ry voor die Burgersentrum, dat ek die growwe stem duidelik bo die stemme van die ander feesgangers hoor... vrolik verhewe bo die res van die opgewonde geselsery voor die vertoning begin. Ek weet ek ken die stem, maar dit lê so diep weggebêre dat ek dit op die oomblik glad nie kan plaas nie. Toe ek dit vir die tweede keer hoor, staan ek op my tone en daar sien ek die stem lewensgroot voor in die ry raak. Die stem wat net aan my beste maatjie Hannelie se kleinsussie Abrie, kan behoort.
Ek stap verbaas nader en wonder of sy my na 42 jaar nog sal onthou? Wat sy nie kan nie, maar sy is so opreg bly om my te sien dat ek ‘n klapsoen op die wang kry, haar lewensvreugde so groot dat dit my onkant vang. In haar oë sien ek geen gewroeg, geen bagasie, geen swaarkry of pyn. Net liefde en vrede wat ek haar beny.
Vir dae daarna dink ek elke nou-en-dan terug aan haar. Abrie, die pragtige, selfversekerde middeljarige vrou wiese geboorte 50 jaar gelede so ‘n opskudding veroorsaak het. En wat haar las
- een chromosoom te veel -
met soveel oorgawe dra.
No comments:
Post a Comment