Monday, 3 October 2011

Welcome to 'The Bang Bang Club'



The Bang Bang Club
Af met die trappies en onderdeur die hangbrug wat saggies heen en weer wieg in die wind.  Dan drie plat klippe spring-spring oor tot by die groen landing, waar die rivier sy eerste draai na links begin maak.
Dis hulle geheime speelplek Saterdagmiddae as die grootmense al kouend aan die biltong hul rugby sit en kyk. 
 DIE-BENDE-SONDER-NAAM-SE-PLEK
 Daar is ‘n kodewoord. En hulle het hul eie, geheime taal.  En hulle kan ook geheime briefies met  suurlemoensap by flikkerende vlammetjies skryf.  
Maar vandag moet hulle oor ‘n naam besluit,  en al 3 seuntjies se voorkoppies plooi onder die gewigtige taak.  Dis toe dat Christoffel die voëltjie gewaar.    Hy mik met sy denkbeeldige geweer en skiet:  Bang! Bang!
Met algehele ongeloof sien hulle die voëltjie soos ‘n klip regaf aarde toe val.  Morsdood.
Daar heers ‘n doodse stilte voordat hy  die slap voëltjie  optel.  Hy draai dit op sy rug en toe die koppie eenkant toe rol gewaar hy die briefie in sy bek.  Toe hy dit oopvou staan daar in groot swart letters :
"Welcome to The Bang Bang Club"
Verligting!   Uit-ein-de-lik  ‘n  naam.
The Bang Bang Club



No comments:

Post a Comment